Kruiner Kleuters
  • Tuis
  • Meer Inligting
    • Wie is ons?
    • Ontmoet ons personeel
    • Veiligheid en sekuriteit
    • Spyskaart
    • Buitemuurse aktiwiteite
  • Juweel Kissies
  • Fooie
  • Kontak ons
    • Stuur n boodskap
    • Kontak ons

Kleuter Klitsies

Twee top skole in die Wesrand, Laerskool Helderkruin en Kruiner Kleuters het hande gevat, en die eind produk is Kleuter Klitsies.
​
Laerskool Helderkruin se Gr. R en RR maats kan nou uitsien na voldag sorg op die laerskool se Gr. R kampus.

Ons verseker dat Helderkruin se voorskool maatjies in 'n liefdevolle, veilige omgewing kan leer, speel en groei.

Laerskool Helderkruin se oulike onderwysers sorg vir 'n stimulerende oggend, en daarna neem die wonderlike kleuterskool personeel oor.  Ons werk hand aan hand en verseker dat jou kind in die middae dieselfe uitstekende sorg as gedurende die skooldag geniet.  

Voldag en halfdag opsies is beskikbaar, en ons voldag maatjies geniet heerlike, tuisgekookte middagetes en gesonde happies. Met uitstekende onderwysers, top leerplanne en pragtige speelareas, is Kleuter Klitsies die beste opsie vir jou kosbare klitsie. 

Onthou net dat Kruiner Kleuters se uitmuntende Gr. RR klassie steeds by die kleuterskool bly.  Hierdie is bloot 'n addisionele middag diens wat die laerskool bied vir huidige leerders wat voldag by die skool moet bly.

Ons Dagprogram:

​13:15   Kleuter Klitsies personeel arriveer by laerskool
13:30   Middagete word voorsien
14:00   Vryspel buite of binne (afhangende van die weer)
14:30   Huiswerk en studietyd
16:00   Gestruktureerde buitespel:
Grootmotories vaardigheidsontwikkeling (bv. balspeletjie)
17:00   Gestruktureerde binnespel:
Fynmotories vaardigheidsontwikkeling (bv. legkaart bou)
17:30   Storietyd
18:00   Kleuter Klitsies sluit
Picture
Powered by Create your own unique website with customizable templates.
  • Tuis
  • Meer Inligting
    • Wie is ons?
    • Ontmoet ons personeel
    • Veiligheid en sekuriteit
    • Spyskaart
    • Buitemuurse aktiwiteite
  • Juweel Kissies
  • Fooie
  • Kontak ons
    • Stuur n boodskap
    • Kontak ons