Wie is ons?
Dit is met trots dat ons jou meer vertel van Kruiner Kleuters, 'n pragtige Afrikaanse kleuterskool met goeie waardes, morele en standaarde. Ons spog met kampusse in Helderkruin en Ruimsig.
Babas vanaf vier maande tot Gr. RR vind hier ‘n wonderlike, geborge en stimulerende tuiste waar hulle speel-speel leer. Ons spog met 'n top onderwysspan, pragtige speelterrein, gebalanseerde tuisgekookte maaltye en ‘n opwindende jaarprogram propvol pret.
Ons volg die Gautengse departementele skoolrooster en is slegs op openbare vakansiedae en die Desember skoolvakansie gesluit. Gedurende die ander skoolvakansies is 'n prettige vakansieskool beskikbaar teen geen addisionele koste nie.
Vorderingsverslae word elke semester uitgereik, asook ʼn aanpassingsverslag ná die eerste kwartaal. Daaglikse terugvoering oor slaaptye en voeding word aan ouers van die baba-afdeling verskaf. 'n Wye verskeidenheid buitemuurse aktiwiteite word addisioneel aangebied en kleuters het die geleentheid om Rugga te speel, eksperimente te doen of selfs saam met maatjies drama lesse te neem.
Ons bied vier instappies per jaar aan ter verryking van ons kurrikulum. Kruiner Kleuters kan uitsien na 'n besoek van plaasdiere, wilde diere, die polisie, tandemuis, plannetarium en vele meer. Familie is vir ons belangrik en heerlike kuiergeleenthede saam met oupa en ouma, mammas en pappas, en selfs ʼn gesinspiekniek vorm deel van ons prettige jaarprogram.
Kruiner Kleuters beloof gehalte, Christelike onderrig met baie liefde en omgee. Ons doel is om kleuters deeglik voor te berei vir die groot skool en om die oorgang so maklik en spanningsvry te laat geskied.
Kontak ons gerus indien julle enige verdere vrae het. Dit is nie ons werk nie, dit is ons passie!