Kruiner Nasorgsentrum
Kruiner nasorgsentrum brei uit, en is vanaf Januarie 2021 oop vir alle Laerskool Helderkruin leerders.
Ons nasorgsentrum is op dieselfde perseel as die kleuterskool, maar het aparte klaskamers en speelareas en spesifiek ontwerp met laerskool leerders in gedagte.
Na 'n besige dag by die skool, het kinders 'n veilige en stimulerende ruimte nodig wat hulle kan gebruik om vrylik te verken en te speel, of net 'n blaaskans te neem en in 'n rustige omgewing lees of studeer.
By Kruiner nasorgsentrum bied ons kinders 'n voedsame maaltyd, 'n broodnodige rusplek, begeleiding met huiswerk en die vryheid om ons speelarea veilig te verken.
Ouers kan met 'n geruste hart hulle kinders vanaf 06:30 by ons aflaai, en ons sal seker maak dat hulle veilig tot by die skool geneem word. Die naskool is oop tot 18:00 en ouers kan enige tyd voor dan hulle kleingoed kom haal.