Wie is ons?
Dit is met trots dat ons jou graag meer vertel van Kruiner Kleuters, 'n pragtige Afrikaanse kleuterskool wat stewig gebaseer is op goeie waardes, morele beginsels en hoë standaarde.
Vanaf drie maande tot Graad RR bied ons 'n wonderlike, veilige en stimulerende omgewing waar ons kleuters speel en leer. Ons is trots op ons topklas onderwysspan, ons pragtige speelgrond, gesonde, tuisgekookte maaltye en 'n dinamiese jaarprogram vol pret en leer.
Ons volg die Gautengse departementele skoolrooster en is net op openbare vakansiedae en die Desember skoolvakansie gesluit. Gedurende ander skoolvakansies bied ons 'n gratis, prettige vakansieskool aan.
Vorderingsverslae word elke semester uitgereik, tesame met ‘n aanpassingsverslag na die eerste kwartaal. Ouers ontvang daaglikse terugvoer oor slaaptye en voeding. 'n Wye verskeidenheid buitemuurse aktiwiteite word aangebied, waar kleuters die kans kry om Rugga, Netbal, Wiskunde, Swem of selfs dramalesse te geniet.
Ons bied vier instappies per jaar aan as deel van die verryking van ons kurrikulum. Kleuters kan uitsien na opwindende besoeke van plaasdiere, wilde diere, die polisie, 'n tandemuis, poppekas en nog baie meer. Familie is vir ons belangrik, en heerlike kuiergeleenthede saam met oupa en ouma, mammas en pappas, en selfs 'n gesinspiekniek vorm deel van ons lewenskragtige jaarprogram.
Kruiner Kleuters is trots op die gehalte Christelike onderrig wat ons aanbied, alles met baie liefde en omgee. Ons doel is om kleuters deeglik voor te berei vir die groot skool en om die oorgang so glad en spanningsvry as moontlik te maak.
Kontak ons gerus as julle enige verdere vrae het.
Dit is nie net ons werk nie, dit is ons passie!