Ametis klassie
Welkom by ons Graad RR klassie – die Kruiner SteRRe! Hierdie is ’n besondere en kosbare fase waar kleuters op die grens van fantasie en realiteit beweeg. Fantasiespeletjies, kreatiewe ontdekking en “WOW”-oomblikke vorm ’n belangrike deel van elke dag. Ons glo dat kinders op hierdie ouderdom nog ’n klein rukkie kind moet wees, en deur spel-speel ontwikkel hulle hul unieke persoonlikhede, selfvertroue en liefde vir leer.
Ons Graad RR-klas is spesiaal ontwerp as ’n klein, gekoesterde groepie waar elke kind werklik raakgesien en geken word. Die kleiner klassie maak dit moontlik vir ons BED-gekwalifiseerde onderwyseres om individuele aandag te gee en elke kleuter se emosionele, sosiale en akademiese ontwikkeling noukeurig te ondersteun. Dit maak ons klassie ideaal vir kinders wat ekstra aandag, aanmoediging of ’n rustiger, sagter omgewing benodig voordat hulle die groot skool aanpak.
Ons glo dat ’n klein, liefdevolle kleuterskoolomgewing baie belangrik is vir ’n jong kind se emosionele ontwikkeling. In hierdie veilige en rustige atmosfeer kry kinders die geleentheid om teen hul eie tempo te groei, emosionele sekuriteit te ontwikkel en sterk fondasies te bou sonder om oorweldig te voel. Só ontwikkel hulle onafhanklikheid, selfvertroue en sosiale vaardighede wat hulle voorberei vir ’n gladde en suksesvolle oorgang na Graad R.
Ons fokus op die ontwikkeling van die hele kind deur middel van ouderdomsgepaste spel, ontdekking en praktiese leerervarings, insluitend:
Ons Kruiner SteRRe klas bied ’n liefdevolle, veilige en stimulerende omgewing waar klein hartjies gekoester word en elke kind die geleentheid kry om te groei, ontdek en blom. Hier bou ons nie net skoolgereedheid nie — ons bou gelukkige, selfversekerde kinders wat veilig voel, geliefd is en met opgewondenheid die volgende fase van hul skoolloopbaan kan aanpak.

- Groot- en fynmotoriese vaardighede: hardloop, spring, balanseer, teken, knip en bou
- Wiskunde: inleiding tot getalle, vorms, tel, patrone en eenvoudige probleemoplossing
- Wetenskap: waarneming van die natuurlike wêreld, eksperimentering en die ontwikkeling van nuuskierigheid
- Sosiale Studies: diversiteit, saamwerk in groepe, verantwoordelikheid en sosiale interaksie
- Taal en geletterdheid: woordeskatontwikkeling, naam- en woordassosiasies, stories vertel, luistervaardighede en die volg van eenvoudige instruksies