Wie is ons?
Dit is met groot trots dat ons jou meer vertel van Kruiner Kleuters, ’n pragtige Afrikaanse kleuterskool in Roodepoort wat stewig gebou is op goeie waardes, Christelike beginsels en hoë onderwysstandaarde. By ons staan liefde, veiligheid en kwaliteit vroeë kinderontwikkeling altyd eerste.
Ons bied kleuterskool sorg en onderrig vanaf 3 maande tot Graad RR, en naskool sorg vanaf Gr. RR tot Gr.3. Elke maatjie kan in ’n veilige, stimulerende en liefdevolle omgewing speel, leer en groei. Ons is trots op ons ervare onderwysspan, ruim speelgronde, gesonde tuisgekookte maaltye en ’n dinamiese jaarprogram wat leer en pret perfek kombineer.
Wat maak Kruiner Kleuters spesiaal?
Afrikaanse kleuterskool met Christelike waardes en hoë standaarde
Veilige dagsorg en speelgebaseerde leer
Topklas onderwysspan en individuele aandag
Pragtige speelgronde en stimulerende leeromgewing
Gesonde, tuisgekookte maaltye
Gratis vakansieskool gedurende meeste skoolvakansies
Buitemuurse aktiwiteite soos Rugga, Netbal, Wiskunde, Swem en Drama
Instappies en opvoedkundige besoeke deur die jaar
Gesinsgeleenthede en ouerbetrokkenheid
Skoolprogram en Vakansies:
Kruiner Kleuters volg die Gauteng Departement van Onderwys se skoolrooster en is slegs gesluit op openbare vakansiedae en gedurende die Desember skoolvakansie. Gedurende ander vakansies bied ons ’n gratis en prettige vakansieskool aan, sodat kleuters steeds in ’n veilige en versorgde omgewing kan wees.
Kommunikasie en Vordering:
Ons glo in oop en gereelde kommunikasie met ouers.
Vorderingsverslae word elke semester uitgereik
’n Aanpassingsverslag volg na die eerste kwartaal
Daaglikse terugvoer oor slaaptye, voeding en algemene welstand word met ouers gedeel
Leer deur Ervaring:
Kleuters geniet vele instappies wat ons kurrikulum verryk. Opwindende besoeke sluit in:
Plaasdiere en wilde diere
Polisie en gemeenskapshelpers
Tandemuis
Poppekas en opvoedkundige vertonings
en nog baie meer!
Familie is vir ons belangrik, daarom bied ons mammas-en-pappas kuiergeleenthede, spesiale dae en ’n gesinspiekniek aan as deel van ons jaarprogram.
Ons Missie by Kruiner Kleuters is ons trots op die gehalte Christelike onderrig wat ons bied, met baie liefde en omgee. Ons doel is om elke kleuter selfversekerd, skoolgereed en emosioneel sterk voor te berei vir die groot skool, en om die oorgang na Graad 1 so glad en spanningsvry as moontlik te maak.
Kontak ons gerus vir enige verdere navrae of om ’n besoek te reël.
Dit is nie net ons werk nie – dit is ons passie!